| Op
1 Maart 1996 het die deure van Basson Skoene te
Kerkstraat, Wellington geopen. Hierdie besigheid
was oorspronklik slegs beperk tot hoë gehalte
sport-, mans- en damesskoeisel. Mettertyd is ook die behoefte vir beskermende klere en skoene aangespreek. Sodoende kon die behoeftes van ‘n groeiende nywerheids- en boeregemeenskap bevredig word. Met die toetrede van Steyn Basson is besluit om Basson Werksdrag/Workwear onafhanklik van Basson Skoene te bedryf en uit te bou. Basson Werksdrag het sy deure amptelik op 1 Mei 2007 te Roosstraat, Wellington geopen. Met genade en sëening van die Here het Basson Werksdrag uitgebrei. Op 1 September 2008 het die besigheid verhuis na 'n groter perseel in Stokeryweg. |
![]() |
| Persoonlike aandag, kwaliteit
produkte en goeie diens is ons prioriteit. Ons
is verspreiders van ‘n wye verskeidenheid
handelsmerke soos Jonsson, Bell, Bata,
Freestyle, Bova, Buccaneer, Frams en Le Maitre.
Sodoende waarborg ons net die beste gehalte. Ons
kliënte se behoeftes en insette is van
kernbelang. Stuur gerus vir ons ‘n e-pos indien u enige inligting verlang of aanbevelings wil maak. |
|



