![]() |
Dee Venter - 082 729 1075 Dee bedien die Paarl, Wellington en Riebeeck area. Dee is ‘n verteenwoordiger met meer as 12 jaar ervaring en ongeëwenaarde produkkennis. Verder sal Dee uit sy pad gaan om die regte produk uit te snuffel vir sy kliënte. |
|
|
|
![]() |
Gabriël Carelse - 082 729 1067 Gabriël is werksaam in die Agter-Paarl, Simondium, Pniel, Stellenbosch, Franschhoek, Kaapstad en omliggende areas. Sy vriendelikheid en sin vir humor is een van sy eienskappe wat maak dat hy by enige iemand aanklank vind. Sy manier om meer te doen as wat van hom verwag word, het hom al ‘n slag of wat in die pekel by die kantoor gehad! |
|
|
|
![]() |
Reinhardt van As - 082 729 1095 Basson Werksdrag het Reinhardt genader om hierdie belangrike area te dek. Sy ervaring, kennis en reguit benadering maak hom een van die mees gesoute verteenwoordigers in die bedryf. Wees verseker dat Reinhardt die ekstra myl vir u, sy kliënt, sal loop: Somerset-Wes, Grabouw, Elgin, Villiersdorp en Hermanus, Tulbagh, Malmesbury, Darling, Piketberg, Ceres en beide Bokkevelde |
|
|
|
![]() |
Manta Huisamen - 082 443 4620 Manta is ‘n standvastige dame met uitstekende menseverhoudinge. Hierdie eienskap is uiters belangrik vir enige verkoopsagent en ons is seker dat sy u behoeftes hoog op die prys sal stel. U kan haar gerus skakel vir ‘n kwotasie en wees verseker daarvan dat sy sal seker maak dat u bestelling professioneel hanteer sal word. Manta gaan die volgende areas bedien: Clanwilliam, Trawal, Vredendal, Koekenaap en Klawer. |
|
|
|
![]() |
Maryke Meyer - 082 729 1083 Maryke is ‘n vriendelik, doelgerigte dame wat hou van uitdagings. Sy wil graag die beste vir haar kliënte hê en wees verseker van uitstekende terugvoer en diens van haar. Kontak haar gerus vir ‘n besoek of ‘n kwotasie: Worcester, De Doorns, Nuy, Robertson, Ashton, Montagu. |
|
|
|
![]() |
Elrien Breedt - 083 708 3060 Elrien is ‘n ervare verkoopsverteenwoordiger wat vir Basson Werksdrag ‘n nuwe area gaan ontwikkel. Sy is vriendelik, kan baie vinnig ‘n behoefte identifiseer en ‘n oplossing daarvoor bied. Wees verseker dat u die beste moontlike diens en terugvoering van haar kan verwag. Kontak Elrien gerus vir ‘n kwotasie of om u te besoek. Sy bedien: Kaapstad, Noordelike- en Suidelike voorstede asook die omliggende areas. |








