basson workwear nuus
Vlok troef sy tweede Comrades!   Plaaswerker van die jaar
     
Vlok troef sy tweede Comrades!

Vlok Hanekom is een van die bestuurders op die plaas Linton Park Wines net buite Wellington. Hy (en die plaas) is baie lojale kliënte van Basson Werksdrag. Hy het vir ons ‘n stukkie gestuur oor die resies:

“Ons het begin om 5h30 in Durban en buite die stad begin koud kry. Gelukkig het Basson Workwear paar pare katoen handskoene gehad wat ek vir ons gekoop het wat die hande lekker warm gehou het. Toe het ek begin swaar kry met die groot bulte. Eers was dit Fields Hill (3.2km bult) wat gevolg was later met Bothas Hill (2,4km bult!!) Die 102kg lyf is nie rerig gebou om teen bulte uit te vlieg nie, so die kuite het pak gevat en later gebrand soos lawa!!

Halfpad was ons nog heel sterk en positief, maar die harde werk het aan die einde gekom met Klein Polly Shorts en Groot Polly Shorts!! 4km van die grootste bulte wat ek nog gesien het!! Die einde was wel in sig na hierdie bulte met omtrent 5km oor. Krampe het almal in ons groep begin vang hier en daar. Ons het met ‘n amptelike tyd van 11h41min en 59sek klaar gemaak.

Gaan ons dit weer doen? Ek dink so. Die familie wat saam gehardloop het was so lekker dat dit weer gedoen moet word!”

Ons is trots dat Vlok ons naam gedra het en ons hoop die blou toonnaels val die keer vinniger af!
  Plaaswerker van die jaar

Die gewilde “Plaaswerker van die jaar” (Tafeldruiwe) gala-dinee was hierdie jaar aangebied by die Simonsvlei kelder en met sowat tweehonderd gaste was die venue stampvol gewees.

Plaaseienaars skryf jaarliks van hulle werkers in vir hierdie kompetisie. Daar is verskillende katagorië waar werkers beoordeel word en op grond van onderhoude en met tegniese vrae word daar bepaal wie die wenners in die onderskeie afdelings is.

Hierdie jaar was daar ‘n verdubbeling van inskrywings wat daarop wys dat die kompetisie steeds sterk groei. Met die organisering van Marelize Vermeulen, die teenwoordigheid van die borge en direkteur van plaaswerkerontwikkeling, Danie Niemand, was die aand ‘n groot sukses gewees.

Op die inisiatief van Basson Werksdrag (en ook die borg) was daar hierdie jaar ook ‘n nuwe prys gewees, naamlik die “positiewe ingesteldheidsprys”. Hierdie prys sluit produkte van Jonsson in, kontant en ‘n gegrafeerde beker. Dit is ‘n doel van die beker is om werkers aan te moedig om positief te wees in hulle werksplek en om probleemoplossing te bevorder. Hierdie jaar het ‘n baie spesiale deelnemer, PHILLIP LABUSCHAGNE, hierdie beker gewen. Ons wil hom graag eer vir sy gesindheid, positiewe uitkyk in die lewe en deursettingsvermoeë.

Basson Werksdrag wil graag vir elkeen wat deelgeneem het geluk sê, vir die onderskeie wenners asook vir die algehele wenner, Piet Faroa.