![]() |
![]() |
|
| Rustenburg
Rugbyspan Rustenburg Wines is een van ons getroue ondersteuners en toe hulle met ‘n versoek kom om hulle span te borg, was dit vir ons geensins ‘n moeilike keuse nie. Verder hou Basson Werksdrag daarvan om met die beste geassosieër te word, siende dat hulle ook hulle liga gewen het. Baie sterkte vir die volgende seisoen! |
Plaaswerker van die
jaar: Olifantsrivier Basson Werksdrag het hierdie jaar hulle betrokkenheid uitgebrei deur ook as borg (in samewerking met Bova) op te tree vir die Olifantsrivier streek. Ons is baie gemoeid met die ontwikkeling van alle werknemers op plase en sal daarom sal hierdie inisiatief altyd na aan ons harte bly. Baie geluk aan die wenners! |




